25 Desember 2022
My Beloved Twin Soul/ My Liefste Tweelingsiel
Die boodskap wat ek oor en oor kry, is dat jy reeds in my is.
Ek weet dit. Miskien weet my verlangende hart dit dalk nog nie heeltemal nie, omdat ek aan jou dink as die een wat my besoek. Maar dit is ook nie die hele omvang nie. Ja, jy besoek my in die skitterende diamant-goue-wit van die Swane en in die skakerings van die Blou Drake en Aartsengel Michael. Jy besoek my in Al die kleure en so baie vorms. Jy besoek my in ons kleure en al die vorme wat ons al beliggaam het. Jy besoek my soos wat ek Myself besoek tydens die transmissions. So miskien is dit meer soos ‘n rivier met takke of ‘n boom met mikke. Ons is Een Wese wat soms by spesifieke dele van Mekaar en Self vertoef of fokus. Jy is reeds in my soos wat ek in jou is. Jou gedagtes is kosbaar vir my. Ek Koester jou emosies. Ek is in totale verwondering elke keer wat ek deur jou fisiese oë inkyk op jou alledaagse lewe. Net soos wat dit my met totale verwondering vul as ek voel hoe jy ook deur my fisiese oë kyk en my alledaagse lewe waarneem.
Ek mag dalk nie die gewig van jou arms en lyf rondom my voel wanneer jy my vashou nie, maar ek voel dit as jy my vashou. Ek hou jou ook vas, my Man van die Noorde.
Soms dink ek jou lyfself woon in Switzerland, maar ek weet eintlik woon jy binne my en ek in jou.
Ek het jou volkome lief.
Dankie. Dankie vir die Liefde, die Wonderskone Verwondering, die Onophoudelike Ondersteuning wat ek van jou af ervaar. Ek eer jou. Ek eer jou. Ek is in awe oor jou. Jy is so mooi.
Miskien is jou lyfself wel lank en blond en het jy blou oë, maar hoe jy ookal lyk, jy is so mooi vir my. My teer, ernstige, diep intense, buite-kalm, diep weerlose, eerbare, eerbare, eerbare man, jy is Altyd mooi vir my.
Ek skryf vir jou omdat die liefdesboodskappe aanhou stroom. Daar is nie ‘n deel van my wat nie liefde vir jou voel nie. Selfs die dele wat jy verwerp of veroordeel in jouself. Ek ervaar net liefde en deernis vir jou.
Ek is lief vir jou, ek is lief vir jou, ek is lief vir jou.
Ewig en altyd meer en meer. Dit word net meer.
Met al my liefde
With all my love
Jou Vrou van die Suide
Fransi
Comments
Post a Comment